Ek het die ding gegoogle. Dit wil vir my voorkom dat party ouens by die goed sweer and ander dit vermy.
Lyk soos twee opsies:
1) Tap 'n nuwe skroefdraad en gebruik 'n insert waarin die sparkplug draai (ek hou nie van die een nie want die insert is nie dieselfde metaal as die head nie. Die insert kan dalk anders reageer as die head wanneer dit warm word)
2) Helicoil.
Ek het gisteraand weer na die plug gekyk en dit lyk of die plug heeltemal indraai (draad nie skeef nie), maar wil ook nie lock nie. Dus draai hy tot hy vas is en dan 'n halwe draai later is hy weer los. Sal loctite nie werk nie? Ek dink nie die plug sal uitspring nie, hy wil net nie vasdraai nie (of net tot 'n sekere punt toe)