Page 1 of 1
Mosambiek 2023 Desember
Posted: Sat Apr 01, 2023 5:49 pm
by Leon
Ja is weer tyd my kamp plek klaar geboek daar by Cumbini vir Desember.
En gaan oorslaap oppad soontoe weer by East Africa Safaris.
En as ek ons trug kom gaan ons weer deur Giriyondo grens en in wildtuin oorslaap.
Re: Mosambiek 2023 Desember
Posted: Sun Apr 02, 2023 8:38 pm
by Johannes
Gee meer inligting Leon . Asb. Camp koste ens. Hoe lank gaan jy ?? Wanneer ??
Ek sien dis redelik ver noord. So amper 1000km van Pta af.
Re: Mosambiek 2023 Desember
Posted: Tue Apr 04, 2023 12:16 pm
by Leon
Johannes ja dit is my see vakansie al van 2001 af. En ry soentoe met n groot smile want weet dit is n baie lekker plek en dan die see.
Kamp koste is R525 n nag vir twee mense , dan het jy jou eie badkamer geriewe en n lapa.
En n lekker see uitsig.
Cumbini is so 30km omtrent van Inhambane.
Kamp al daar bo rond van af 2004.
En het nog nooit enige probleme gehad nie , was al deur n paar grensposte.
Komatipoort grenspos bly nog die vinnigste roete om op te gaan Inhambane toe.
Was al n paar keur deur die ander grensposte soos Pafuri en Giriyondo.
Re: Mosambiek 2023 Desember
Posted: Wed Apr 05, 2023 10:46 am
by jakeslouw
Ja dis nutteloos om nie Komati te gebruik nie. Moet net nie 'n "runner" gebruik nie en moenie geld wissel by Komati dorp nie.
Ek was al deur Namaacha (Swazi) en Giryondo (KNP) en dit was meer pynlik. Ons slaap gewoonlik Vrydagaand in n BnB of chalet in Komati area, en dan is ons Saterdag oggend vroeg deur die grenspos.
Re: Mosambiek 2023 Desember
Posted: Fri Apr 14, 2023 10:36 pm
by Leon
jakeslouw wrote: ↑Wed Apr 05, 2023 10:46 am
Ja dis nutteloos om nie Komati te gebruik nie. Moet net nie 'n "runner" gebruik nie en moenie geld wissel by Komati dorp nie.
Ek was al deur Namaacha (Swazi) en Giryondo (KNP) en dit was meer pynlik. Ons slaap gewoonlik Vrydagaand in n BnB of chalet in Komati area, en dan is ons Saterdag oggend vroeg deur die grenspos.
Komatipoort is nie sleg om deur te gaan nie dit hang ook af watse tyd jy daar deur gaan van die jaar.
Pafuri nog die beste vir my baie stil en dan daai stil twee spoor grond sand pad tot onder Vilanculos ons geniet dit.
Giriyondo grens ook vir my nog altyd vinnig daar deur.
Ek gebruik al n paar jaar n runner by Komatipoort as ek hom nodig het. Het my plek waar ek geld ruil daar bo of gebruik net rande.