Page 1 of 2

Mosambiek Desember 2021

Posted: Sat Jan 08, 2022 5:27 pm
by Leon
Mosambiek was weereens baie lekker gewees soos die laaste 21jaar al.
En die Hilux baie goed gery daar in die sand op die strand.

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sat Jan 08, 2022 6:02 pm
by AndreasR
Nice Leon. Where did you go in Moz.

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sat Jan 08, 2022 9:46 pm
by KurtG
AndreasR wrote:Nice Leon. Where did you go in Moz.
Hy het gegaan in die sand op die strand Image

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sat Jan 08, 2022 9:49 pm
by Mad Manny
I love a nice short trip report.

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sun Jan 09, 2022 8:14 am
by Leon
AndreasR wrote:
Sat Jan 08, 2022 6:02 pm
Nice Leon. Where did you go in Moz.
Andreas ek het by Cumbini gekamp daar bo net buite Inhambane.
En dan daar op Paindane strand gaan swem elke dag en ook bietjie weer gaan scuba duik die jaar.

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sun Jan 09, 2022 1:52 pm
by LesseW
Leon, skryf bietjie n verslag vir ons as hy nie omgee nie. Ek wil graag eendag ook Mozambique besoek maar ek weet absoluut niks van hoe en waar in Mozambique nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sun Jan 09, 2022 3:10 pm
by Leon
Wessel sal so maak as ek tyd het want ek skryf maar stadig :D

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sun Jan 09, 2022 4:21 pm
by AndreasR
Dis fyn Leon. Ons lees ook maar stadig,

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sun Jan 16, 2022 8:25 am
by Leon
Hier is so kort op storie oor my trip Mosambiek toe Desember 2021.
Het al begin van die jaar plek bespreek anders kry man nie plek nie soos ek gesien het hoe die goed die laaste 21 jaar verander het hoe meer mense soontoe begin gaan het.
My swaer hulle gaan saam vir hulle eerste keur. Ons vertrek die 17 Desember die oggend en vinnag deur Komatipoort grenspos en slaap oor net buite Xai Xai die aand.
Volgende dag ry ons tot waar ons kamp bo by Cumbini by Guinjata strand. Maar ons ry elke dag nog steeds Paindane strand toe om daar te gaan swem vir my die lekkerste strand waar ek nog geswem het veral as dit laag water is en dan praat ek nie eers van die water tempretuur nie.
En ook weer lekker gaan scuba duik na paar jaar wat ek nie daar geduik het nie.
Gaan wys ook my swaer hulle van die plekke wat ek al by gekamp het van 2004 af.
Ons vetrek die 2 de Januarie 2022 die oggend 7 uur uit Cumbini uit oppad huis toe. Kom by die grenspos aan doen al die nodige goed en vinnag deur altwee grensposte.
Die aand net na 20:00 toe stop ek by my seun se huis in Roodepoort.
En ook my eerste omkoop geld betaal op die trip van 21 jaar in Mos maar ek weet ek het vinnag gery wou by die huis kom.
En ja my swaer hulle wil weet wanna gaan ons weer hulle wil nou net gaan , na al hulle jare by Voetplaatpark wil hulle nou net Mos toe gaan en kan nou sien waarom ry ek op soontoe met n smile elke keur.

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sun Jan 16, 2022 8:29 am
by LesseW
Klink lekker Leon, as jy oop is om n paar manne en vroue van die 4x4AG saam te vat kom ek graag saam.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sun Jan 16, 2022 9:08 am
by Leon
Wessel is reg so ons kan iets reel eendag.

Sien ek 2 de Desember in moet Januarie wees.

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sun Jan 16, 2022 10:51 am
by AndreasR
Thanks Leon. Sounds like a nice place to go to. I just hear so many stories of corrupt officials. That puts me off.

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sun Jan 16, 2022 11:27 am
by Mad Manny
Yet the only corruption took place back in SA.... by Leon! :D :lol:

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Sun Jan 29, 2023 7:00 pm
by Leon
Ja is weer tyd vir Mosambiek en het weer geboek by Combini vir n lekker kamp vakansie. Sal ook dan deur Giriyondo grens pos ry.

Re: Mosambiek Desember 2021

Posted: Mon Jan 30, 2023 10:02 am
by jakeslouw
Wens ek kon verlof vat, my hart vra vir 2 weke by White Sands............