Page 1 of 3
Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 7:27 am
by Reenen
Na ricoffee se buggy build, het ek ook besluit om n pypkar te probeer bou. Nuwe terein vir my. Die naaste aan n pypkar wat ek nog gebou het, was toe ek 11 was, uit stukke galvanized pyp, kruiwa wiele en n waterpomp engine.
So nou gaan ek probeer.
Re: Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 7:38 am
by Reenen
Ek gaan probeer om n 4-5 seater te bou, nie juis gepla dat dit te groot bagasieplek moet hê nie. Sal hoofsaaklik op die plaas gebruik word.
4x4 is def n vereiste vir die een.
Ek nog in 2 minds oor kragbron. Op die stadium sal ek werk met wat ek reeds het, sonder om nog by te koop. So dit is basies Nissan td27ti turbo intercooled, nissan Rd28 of Rd28t straigt 6 diesel met of sonder turbo, nissan LD28 straight 6 diesel,nissan L28 straight six petrol, of nissan vk45 4.5 v8 petrol. Jaja, almal nissan, maar behalwe die mini 997 en 1800 golf engines/gearbox kombinasies, is dit wat ek nou los het.
Ek gaan van scratch af bou, so gaan geen bestaande onderstel gebruik. Beoog om een uit pyp te bou.
Re: Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 7:43 am
by Reenen
Suspension:
Ek oorweeg nog n paar, maar dink op die stadium coils voor en agter.
Gaan starre aste gebruik, so dan, met coils, sal ek seker op n manier n multi link setup moet praktiseer.
Cage:
Ek wil n beskermde cage rondom die insittendes maak, wat ook as onderstel, bakwerk, en struktuele sterte van voertuig gaan dien. Sal n oop, nie pad geregistreerde voertuig wees. So daar sal geen glas of beskerming teen elemente wees. Wil egter veiligheidsgordels in hê, indien voertuig dalk sal om rol.
Re: Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 7:47 am
by Reenen
Vir elke voertuig projek, het mens n donor voertuig nodig, al bou mens alles van scratch, want aste, transfercase en steering box, en in mate engine en gearbox, moet van erens kom.
So ek sal begin met die as donor.

Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 8:13 am
by Reenen
Ek het aanvanklik gehoop om in te kom op onder 1000kg vir die kar, maar weet nie of dit hoegenaamd moontlik is as mens begin optel aan parte en komponente nie.
Eerste probleem:
Dit is n h260 full floater. Sy pampoen is dieselfde grootte as die 15” rim. Alhoewel dit aansienlik sterker is as n dana60, weeg dit ook ongeveer 300kg. Dit is n vragmotor as.
Ek gaan dit maar uitruil met een van my ander patrols vir h233 aste. Behoort my 200kg te spaar.
Ek is nou nie juis n ingenieur of iemand met mal cad skills nie, so sal maar cage op gevoel bou.
Beoog om 32mm 1.6mm pyp vir meeste te gebruik. Kon darem n pipe bender met 32mm dies en notching masjien geleen kry.
Het n mig welder, en het vrydag n aluminum welder ook gekry, al het ek nog nooit enige iets uit aluminium gebou nie. So ek reken die aluminum werk sal tot die minimum beperk word.
Hierdie tipe goed lyk vir my baie nice

Re: Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 8:27 am
by Reenen
Ek sien op die multi link setups weld die mense brackets en goed op die aste. Weens die feit dat ek maar ou datsun parte gebruik, wat meestal end of duty cycle is, wil ek nie op tube weld, net om alles oor te doen as ek n as uit ruil nie, wil ek kyk om tipe van cradle te bou, met al die brackets op, en dan bout die as net op bestaande mounting punte vas, en is ten volle interchangeable met my ander.
Re: Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 8:30 am
by Reenen
Re: Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 8:30 am
by grips
H260 is nie veel sterker as H233 nie. Die H260 het n H233 pinion. H260 was gebou om swaar vragte te dra.
Sent from my F5321 using Tapatalk
Re: Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 8:45 am
by Reenen
Goed om te weet, want die h260 is moer sterk. Dan is die res van my 233 ook moer sterk.
Ek sien die post van oom is ietwat veranderd. Want die een het 233mm crown, die ander 260mm een. Die cage verskil ook glo.
Re: Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 8:49 am
by Reenen
Maar ja, die h260 is te swaar vir n pypkar. En gaan ground clearance op neuk, so dus my beplanning om met my bakkie om te ruil (wat nie meer n h260 in het)
Re: Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 10:07 am
by grips
Gaan n lekker projek wees. As ek vandag weer n speelding moet bou sal dit Pypkar wees. Jy kry netjiese planne in die States te koop. Ek sou daardie VK45 in hom sit. Power to weight ratio behoort iets uit die bose te wees
Sent from my F5321 using Tapatalk
Re: Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 5:28 pm
by Reenen
Nou om by n paar pypkarre om te loop om te kyk hoe die links werk.
Sal seker 4 link long arm roete gaan
Re: Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 7:10 pm
by Ricof4e
Baie sterkte. Ek gaan die bou stiptelik volg.
Re: Pypkar
Posted: Sun Oct 20, 2019 7:32 pm
by Reenen
Op n 4 link, wat moet die verhouding van die lengte van boonste links wees vs onderste links.
Ek neem aan as verkeerd, verander jou pinion angle onder artikulasie.

Waar kry mens lekker groot heimm joints?
Of kan ek trekker top link met rubber bushes gebruik?
Re: Pypkar
Posted: Mon Oct 21, 2019 7:46 am
by ThysleRoux
Reenen wrote: ↑Sun Oct 20, 2019 7:32 pm
Op n 4 link, wat moet die verhouding van die lengte van boonste links wees vs onderste links.
Ek neem aan as verkeerd, verander jou pinion angle onder artikulasie.

Waar kry mens lekker groot heimm joints?
Of kan ek trekker top link met rubber bushes gebruik?
Ek speel al lank met die trekker top link en bushes idee vir control arm joints in my kop - is net nie seker hoeveel speling daar op daai coupling is in vergelyking met heim joints nie